Mafura Percheron
Mafura Unico de la From
Die Mafura Percheron-stoet het die hings, Unico de la From, gebore op 14 Mei 2008 en in 2010 vanaf Frankryk ingevoer.
The Mafura Percheron stud imported the stallion, Unico de la From, born on 14 May 2010, from France in 2010.
Mafura Merries – Mafura Mares
Die merries van die Percheron-stoet is baie mak, wat beteken dat die vullens reeds ‘n paar dae ná geboorte hanteer kan word en dít in ‘n rustige, natuurlike atmosfeer. Die vullens is ook baie nuuskierig en spelerig.
The Percheron stud mares are very tame, which means that the foal can be handled from only a few days old, in a tranquil, natural atmosphere. The foals are very curious and playful.
Mafura werk & leer perde – Mafura works and trains horses
Die vulletjies word binne die eerste week na geboorte hanteer en touwys gemaak om die beste moontlike trekperde te word en word na ‘n jaar en ‘n half volwaardig ingespan op die plaas.
The foals are handled and taught the ropes within the first week after being born to ensure they become the best possible draughthorses. After about a year and a half they are fully harnessed on the farm
Merries: Mafura Percheron-stoet – Mares: Mafura Percheron stud
Mafura Jaarling – Mafura Yearlings

Mafura Aragon, Vaar: Mafura Zaska is gebore op 2 Desember 2010 (foto is geneem op 6 maande).
Mafura Aragon, Vaar: Mafura Zaska was born on 2 December 2010 (photo was taken on 6 months).

Mafura Zanpa, Vaar: Sympa de Bellevue (imp) is gebore op 18 Februarie 2011 (foto geneem op 6 maande).
Mafura Zanpa, Vaar: Sympa de Bellevue (imp) was born on 18 February 2011 (photo was taken on 6 months).
Mafura Zaska – Mafura Zaska

Mafura Zaska, SA Hings Gebore: 24 Januarie 1999.
Mafura Zaska, SA Stallion Born: 24 January 1999.
Frankryk
Tydens die 2011 Wêreld Percheron Kongres wat in Le Pin, Frankryk aangebied is, het Percheron-telers en -eienaars saamgetrek om met hul perde te werk. Hierdie perde word aangewend vir ‘n verskeidenheid take, van bosbou tot trou- en begrafnisprosessies. Die eienaars van Mafura Percheron stoet was bevoorreg om hierdie geleentheid saam met die Franse te kon vier!
France
During the 2011 World Percheron Congress hosted in Le Pin, France, Percheron owners and breeders got together to work with their horses. These horses are used for a variety of tasks, from forestry to wedding and funeral processions. Mafura”s owners were very fortunate to visit this wonderful celebration.
